-
27th April 2009, 08:09 AM #1
Wes-Kaap: ANC reg vir opposisierol; Cope wil nie koalisie vorm
PHILDA ESSOP
Kaapstad
26/04/2009 11:01:17 PM - (SA)
Met die bordjies in die Wes-Kaapse provinsiale parlement verhang, is die ANC gereed om sy rol as opposisieparty te vervul, terwyl Cope nie deel van ’n koalisieregering wil wees nie.
Die DA het Woensdag stof in die ander partye se oë geskop deur 51,4% van die provinsiale stemme te wen, gevolg deur die 31,5% van die ANC, 7,74% van Cope, 4,68% van die OD en 1,47% van die ACDP.
Van die 42 setels in die provinsiale parlement het die DA nou 22, die ANC 14, Cope 3, die OD 2 en die ACDP 1.
Mnr. Chris Nissen, hoof van die ANC se verkiesingstaakspan in die Wes-Kaap, het gister gesê dié span het onder die omstandighede goed gevaar.
Interne peilings het die ANC in Januarie op 18% geplaas, aansienlik minder as die 46% wat hy in 2004 behaal het.
“Ons magsbasis in die Wes-Kaap het geweldig geval. Die doel van die span was om die ANC in die verkiesingsproses weer van nuuts af te begin opbou.
“As regerende party in die land en as opposisie in die wetgewer het ons ’n baie belangrike rol om die regerende party op sy tone te hou.”
Mnr. Philip Dexter, nasionale woordvoerder van Cope, het gesê die party sal nie deel van ’n koalisieregering wees nie.
“Ons het baie verskillende waardes en beleidsrigtings. Die DA het ’n volstrekte meerderheid behaal.
“Ons gaan nie aan ’n koalisieregering deelneem net omdat ons ’n pos in die provinsiale kabinet wil hê nie.”
Die OD se steunpersentasie het van 6% in 2004 geval tot 4,68%.
Mnr. Rodney Lentit, die OD se provinsiale sekretaris, het partylede geprys vir hul harde werk. “Hulle het alles uitgehaal, maar aan die einde van die dag het van ons mense tuisgebly.”
Me. Pauline Cupido, die ACDP se provinsiale leier, het gesê “dit voel amper soos ’n slagveld”. Dié party het van 3,6% in 2004 tot 1,4% teruggesak.
Teken in op Die Burger
pangkas
-
2nd May 2009, 10:54 AM #2
Re: Wes-Kaap: ANC reg vir opposisierol; Cope wil nie koalisie vorm
This is NOT a question and therefore does not require an answer.
It is thus under wrong heading
Tags for this Thread
Posting Permissions
- You may not post new threads
- You may post replies
- You may not post attachments
- You may edit your posts
-
Forum Rules
Bookmarks